Los die ma-skuldgevoel! – Nadia Beukes [Oudio-kursus]

Natuurlik wil ons as ma’s glad nie foute maak nie, ons wil graag alles reg doen. Daar word soveel druk op ons geplaas, deur onsself en ander, om die perfekte ma te wees ... Die TV-persoonlikheid Nadia Beukes, ook die hoofaanbieder van die KURSUS Los die maskuldgevoel! sal jou help om die grootste uitdagings waarvoor ma’s van jong kinders die een of ander tyd te staan kom, te trotseer. “Die bedoeling is nie om liefdevolle ma’s wat hulle bes doen, te laat skuldig voel nie. Inteendeel, dié ouerskapskenners deel graag hulle wysheid, ondervinding en praktiese raad, om ma’s te help om ’n heeltemal nuwe uitkyk te kry.”

Nadia Beukes