Soms raak ons so gewoond aan die groef waarin ons verval het, dat dit vir ons normaal voel. Daar kan verskillende redes wees waarom ons vasgevang is.
Die grootste daarvan is vrees, onsekerheid, selfbeeld, of dalk onsuksesvolle pogings in die verlede … “Onthou dat dit jý is wat jou eie besluite neem.
Dit is jý wat jou eie lewe leef en dit is jý teenoor wie jy aanspreeklik is,” sê lewensafrigters en motiveringsprekers soos Lynette Beer, Gustav Gous en Liesel Krause-Wiid, ook samestellers van die AANLYN KURSUS Klim uit jou groef!
• Geloof herskep jou realiteit en gee hoop
• (Her)ontdek jou roeping as kompas vir jou toekoms
• Keer dat die negatiewe jou brein oorheers
• Jou ingesteldheid bepaal of jy kan opstaan uit omstandighede
• Word minder sensitief en glo meer in jouself
• Gee ook jou kinders vertroue om teenspoed te oorwin
• Verander jou leefstyl sommer vandag nog
• Hoe om te begin nuut dink oor jou toekoms