Ouerskap kan uitdagend wees, veral wanneer emosies hoog loop en dissipline moeilik voel!
Die antwoord lê in ’n meer rustige benadering tot ouerskap wat ten doel het om die daaglikse uitdagings beter te bestuur en die verhouding met jou kind(ers) op ’n gesonde en konstruktiewe manier te verbeter.
Ontdek hoe om sonder om te raas en te skree duidelike grense te stel, jou kind se gedrag positief te beïnvloed en ’n sterk, liefdevolle band te bou deur begrip, konsekwentheid en gesonde dissiplinemetodes.
Skree se oorsprong is frustrasie, en frustrasie word deur spesifieke snellers geaktiveer. “Wanneer ons ons snellers identifiseer en verstaan wat ons bloed laat kook, kan ons doelbewus kies om met kalmte en selfbeheersing te reageer,” sê dr. Serahni Symington, aanbieder van die ouerskapkursus Kinders grootmaak sonder raas en skree.
● Verskillende ouerskapstyle en hoe dit jou kind se gedrag beïnvloed.
● Identifiseer jou snellers en leer hoe om emosies beter te bestuur.
● Gebruik natuurlike en logiese gevolge as alternatief vir straf.
● Bou ’n sterk ouer-kind-verhouding deur doeltreffende kommunikasietegnieke.
● Die belangrikheid van roetines en konsekwentheid vir kalm dissipline.
● Verstaan die oorsake van onvanpaste gedrag en hoe om dit positief te hanteer.