Hoe oorkom ek vrese wat my terughou? – Catherine van Heerden [Oudio]

“Vrees is die emosie wat mense die meeste dryf om besluite te neem. Vrees is ook die emosie wat mense die meeste terughou en vasgrendel,” sê die sielkundige CATHERINE VAN HEERDEN.Daar is ’n paar stappe wat jy kan volg as jy in ’n situasie is waar jy diep angs en paniek ervaar. Raak intens bewus van jou emosie. Wat is die vrees, waarvoor is dit en wat is die sneller? Onderskei wat rasioneel en wat irrasioneel is. Dan moet jy ook onderskei tussen wat binne jou beheer is en wat buite jou beheer is. Jy het nie beheer oor eksterne faktore nie, maar jy het beheer oor jou emosies, denke, woorde, aksies en optredes. Wat is die gewenste uitkoms en wat het jy nou nodig om ’n oplossing te vind? Pas kreatiewe denke toe om te bepaal wat die alternatiewe is, watter hulpbronne jy nodig het en hoe jy dit kan kry. Neem nou doelbewuste aksie. Evalueer jou aksies nadat jy deur die proses is. Kyk watter lesse jy geleer het wat jou in staat sal stel om jou vrese beter te hanteer in die toekoms.

Catherine van Heerden

R49
R39

  • Lesse
    1
  • Vraestelle
    0
  • Vaardigheid Vlak
    advanced vlak

advanced vlak

Studente

1

Ingeteken op die kursus

Top Vlak

1