Vrees is ’n natuurlike deel van ons almal se lewe.
Jy is dalk op hierdie oomblik op ’n plek waar jy by ’n kruispad staan en besluite moet neem, maar vrees is besig om jou op te eet.
Daar is ’n paar stappe wat jy kan volg as jy in ’n situasie is waar jy diep angs en paniek ervaar. Raak intens bewus van jou emosie. Wat is die vrees, waarvoor is dit en wat is die sneller?
Onderskei wat rasioneel en wat irrasioneel is. Dan moet jy ook onderskei tussen wat binne jou beheer is en wat buite jou beheer is. Jy het nie beheer oor eksterne faktore nie, maar jy het beheer oor jou emosies, denke, woorde, aksies en optredes.
Wat is die gewenste uitkoms en wat het jy nou nodig om ’n oplossing te vind? Pas kreatiewe denke toe om te bepaal wat die alternatiewe is, watter hulpbronne jy nodig het en hoe jy dit kan kry. Neem nou doelbewuste aksie. Evalueer jou aksies nadat jy deur die proses is.