Hoe mal kan my droom wees? Waar gaan my droom inpas? Vergeet van die plafon. Vergeet van die norm.
Vergeet wie en wat ander is, en wat hulle opinies gaan wees. Jy wil nie oor ’n tydperk van 20 jaar alles verloor nie. Jy hoef nie te vrees dat dit nie gaan werk nie.
My vraag is altyd: Wat is die ergste wat kan gebeur as my droom nie realiseer nie? Dink daaraan … Ek kan alles verloor. My man is dak ook nie meer so lief vir my nie.
Ek kan ook my werk verloor. Mense sal dalk vir my lag. Jy moet jou afvra wat die ergste is wat kan gebeur, sodat jy die vrees uit jou drome kan haal.