Aanhou probeer of eerder skei? – Gretha Wiid [Oudio-kursus]

Wanneer frustrasie, woede, seer en ’n magdom ander negatiewe emosies vir ’n lang tyd deel van ’n verhouding is, is dit geen verrassing as die woord “skei” opduik nie. Of jou huwelik verby is en of daar nog iets oor is om voor te baklei, is nie ’n maklike besluit nie – veral nie as jou verhouding liefdeloos voel nie. “Die hartseer waarheid is dat my eie pad nie altyd die maklikste een was om te loop nie,” sê Gretha Wiid, aanbieder van die KURSUS Aanhou probeer of eerder skei?

Gretha Wiid