All FAQs (Helpie FAQ)

Shape Image One

Sample of All FAQs (Helpie FAQ)

Helpie FAQ

Splinternuwe Jy Produkte

  • Mag ek van die Splinternuwe Jy Kitsnagereg eet gedurende die 60 dae-uitdaging?
    Ja, jy mag, maar nie meer as twee keer per week nie. Ruil een porsie stysel uit vir een porsie van die kitsnagereg in ’n koppie. Meng 60 g/75 ml met 75 ml water, gooi dit in ’n koffiebeker wat met kleefwerende kossproei gespuit is en bak in die mikrogolfoond vir 90 sekondes op hoog.
  • Ek is op Plan D. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as ’n plaasvervanger vir aandete gebruik?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met aandete. Vir Plan D doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 vrugteporsies EN 2 groenteporsies EN 1 porsie uit die bone-/neute- en sadegroep EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan D. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel drink in plaas daarvan om middagete te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met middagete. Vir Plan D doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 vrugteporsies EN 2 groenteporsies EN 1 porsie uit die bone-/neute- en sadegroep (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan C. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as ’n plaasvervanger vir aandete gebruik?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met aandete. Vir Plan C doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 groenteporsies EN 1 porsie uit die bone-/neute- en sadegroep (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan C. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel drink in plaas daarvan om middagete te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met middagete. Vir Plan C doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 vrugteporsies EN 1 groenteporsie EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan B. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as ’n plaasvervanger vir aandete gebruik?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met aandete. Vir Plan B doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 groenteporsies EN 1 porsie uit die bone-/neute- en sadegroep (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan B. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel drink in plaas daarvan om middagete te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met middagete. Vir Plan B doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 1 vrugteporsie EN 1 groenteporsie EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan A. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as ’n plaasvervanger vir aandete gebruik?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met aandete. Vir Plan A doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 groenteporsies EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan A. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel drink in plaas daarvan om middagete te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met middagete. Vir Plan A doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 1 vrugteporsie EN 1 groenteporsie EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Kan ek die Splinternuwe Jy Kitsproteïen hawer vir ontbyt eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Kitsproteïen hawer as maaltydplaasvervanger vir die gewone ontbyt op jou plan gebruik, ongeag of jy op Plan A/B/C/D is. Meng 50 g (100 ml) van die Splinternuwe Jy Kitsproteïen hawer met 200 ml kookwater en meng goed. Eet daarmee saam een vrugteporsie vir ontbyt. Indien jy melk by die hawer wil voeg, moet daardie melk uit jou daaglikse melk-/suiweltoelaag kom.
  • Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel vir ontbyt drink in plaas daarvan om die kos op die eetplan te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger vir die gewone ontbyt op jou plan gebruik, ongeag of jy op Plan A/B/C/D is. Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam een vars vrugteporsie vir ’n volledige gesonde ontbyt. Indien jy die skommel met melk wil aanmaak, moet daardie melk uit jou daaglikse melk-/suiweltoelaag kom.
  • Mag ek die Splinternuwe Jy Vetverbrandende Koffie drink tydens die 60 dae-uitdaging?
    Ja, jy kan een koppie of glas daarvan per dag voor 13:00 drink. Meng 18 g (50 ml) van die droë poeier met 250 ml water. As jy melk daarby wil voeg, moet dit uit jou daaglikse melktoelaag kom. Indien dit te soet of te sterk is, kan jy die hoeveelheid poeier verminder.
  • Mag ek die Splinternuwe Jy Kollageen gebruik tydens die 60 dae-uitdaging?
    Ja, dit is toelaatbaar. Jy kan 10 g (20 ml) daagliks gebruik saam met ontbyt.

Ander / Wenke

  • Hoe kan ek kontak maak met 'n praktiserende dieetkundige in my omgewing?
    ADSA / The Association for Dietetics in South Africa is die professionele organisasie vir geregistreerde dieetkundiges in Suid-Afrika. Besoek hul webblad vir meer inligting: https://adsa.org.za/ of kliek op https://adsa.org.za/find-a-registered-dietitian/ om 'n dieetkundige in jou omgewing te vind. Die telefoonnommer is 011 867 5005
  • Hoe gaan ’n mens te werk as jy potjiekos/stews of stirfry wil maak?
    Wanneer jy disse soos potjiekos, bredie of stirfry maak gebruik jy die hoeveelheid vleis en groente op jou plan en weeg dit apart voor gaarmaak en dan gooi jy dit bymekaar. Die groente is volgens die voedselkeuselys se gramme, maar jy kan die groen groentes (soos groenbone, groen soetrissie, broccoli, spinasie, zucchini) en sampioene ’n bietjie meer maak as jy wil. Gebruik kruie en speserye om dit mee te geur. Bedien saam met jou styselporsie.
  • As ek koolslaai maak, watter geur jogurt kan ek gebruik?
    Gebruik ongegeurde laevetjogurt. Rosyntjies (uit jou vrugtetoelaag) kan bygevoeg word om die slaai 'n soeter smaak te gee. Jy kan ook laevetmayonnaise gebruik uit jou daaglikse vetporsie.
  • Hoe maak ek die vis smaaklik gaar?
    Die volgende kruie en speserye kan in matige hoeveelhede gebruik word om vis smaaklik gaar te maak: Lourierblare, suurlemoensap, oreganum, pietersielie, mosterdpoeier, knoffel, ui, peper, gemmer.
  • Ek is die enigste een in ons huis wat volgraanbrood eet die ander eet wit brood. Hoe gemaak om te verhoed dat die volgraanbrood oud word?
    Koop gesnyde volgraanbrood en verpak dit in jou dag se hoeveelheid. Dan vries jy dit in die vrieskas. Jy kan dit die aand vooraf uit die vrieskas haal om te ontdooi of jy kan dit in die broodrooster ontvries. Moet verkieslik nie die brood in die yskas hou nie, die vogtige omgewing sal skimmelgroei (muf) bevorder.
  • Is daar ’n eetplan vir vegans?
    Die huidige plan is nie aangepas vir vegans nie omdat dit ’n totaal ander eetplan en voedselkeuselys behels. Stuur asseblief ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
  • Ek sien glad nie vegetariese opsies vir proteïne nie?
    Jy is heeltemal reg, daar is nie tans vegetariese opsies nie. Stuur asseblief ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.

Oefen

  • Hoekom voel ek honger ná oefening?
    Jy is honger ná jou oefensessie omdat jy energie verbruik wanneer jy oefen. Baie dikwels dink ons ook ons is honger terwyl ons net dors is. Drink water ná jou oefensessie en moenie eet tot ’n uur ná jou oefening nie.
  • Wanneer is die beste tyd om te oefen?
    Vir vetverbranding is die heel beste tyd om vroeg soggens op ’n leë maag te oefen (mits jy nie bloedsuikerprobleme het nie). As jy baie stres ervaar, is oefening ná werk in die middag ’n goeie uitlaatklep.
  • Sal dit ’n groot verskil maak in my gewigsverlies as ek nie oefen nie en slegs reg eet?
    Studies het twee baie belangrike feite na vore gebring: 1. Vir gewigsverlies tel jou dieet 80% en oefening 20%. Deur minder te eet en jou kilojoules te beperk sal jy dus gewig verloor. 2. Mense wat egter oefen terwyl hulle gesonder eet, en oefening deel van hulle leefstyl maak, hou hulle gewig af en hulle is minder geneig om weer later gewig op te tel. Oefening het talle ander voordele soos om stres te verminder, spiere te bou wat beweging vergemaklik en beserings voorkom indien jy sou val. Meer spiere beteken ook dat jou metabolisme vinniger is en dat jy sodoende meer energie verbrand in ’n rustende toestand. So al stap jy net elke dag vir 30 minute, beweeg! Dis baie goed vir jou fisieke en emosionele gesonheid.
  • Hoe lank moet ek oefen? Kan ek byvoorbeeld die oefenvideo's 2 of 3 maal doen?
    Dis belangrik om minstens 4-5 keer per week te oefen. As jy baie fiks is, kan jy die oefenvideo's twee maal doen of selfs soggens en saans. Maak seker jy doen die oefening soos op die video en onthou om vooraf op te warm.
  • Ek het ’n knieprobleem, watter oefeninge is goed om te doen?
    Probeer die oefenvideo's op jou Voelgoedleerprofiel of anders is dit goed om doodgewoon net te stap vir 20-30 min per dag. As dit te veel stremming op jou knie plaas, kan jy ook swem of water aerobics probeer. Luister na jou liggaam en gaan sien ’n biokinetikus en fisioterapeut as jou knie te veel probleme gee.

Water, Drankies & Vloeistofinname

  • Mag ek ystee drink?
    Jy kan jou eie ystee maak van afgekoelde rooibostee. Voeg versoeter na smaak by. Suikervrye ystee is by supermarkte beskikbaar en is ook toelaatbaar. Gebruik dit as deel van suikervrye koeldrank en probeer om nie meer as 250 ml per dag daarvan te drink nie. Water bly steeds die beste drankie!
  • Watter koeldranke kan ek drink?
    Suikervrye/dieetgaskoeldrank (soos Coke No Sugar of suikervrye Sprite) of aanmaakkoeldrank (soos Drink O' Pop) mag gedrink word, maar verkieslik nie meer as 250 ml per dag nie. Kyk op die voedseletiket û die totale hoeveelheid suiker, onder koolhidrate (carbohydrates), moet 0 gram per 100 gram wees.
  • Kan ek Energade of Powerade drink?
    Sportdrankies is baie hoog in glukose (suiker) en word glad nie aanbeveel nie.
  • Kan ons cappuccino drink?
    Gewone kitscappuccinopoeier is hoog in vet en suiker en word nie tydens die uitdaging toegelaat nie; ook nie die suikervrye soort nie. Maak eerder jou eie cappuccino: maak 100 ml vetvrye melk warm en klits dit tot skuim; voeg by filterkoffie en versoet met ’n kunsmatige versoeter.
  • Mag ek yskoffie drink i.pv. gewone koffie in die somer?
    "Die yskoffie wat jy by restaurante koop, is hoog in vet en suiker. Die beste is om Splinternuwe Jy se Vetverbrandende koffie te gebruik om vir jou yskoffie mee te maak. Dit smaak heerlik en is suikervry. Elke aktiewe bestanddeel werk saam om vir jou meer energie te gee, jou eetlus te demp, jou drange na peuselhappies in toom te hou, en natuurlik te help om hardnekkige vet te verbrand. Kliek op https://voelgoedwinkel.co.za/product/vetverbrandende-koffie/ om die vetverbrandende koffie teen afslag te koop. Dit kan koud of warm gedrink word. As alternatief kan jy kitskoffie met 'n klein bietjie warm water meng om die poeier op te los, dan voeg jy ’n halwe koppie koue water en ’n halwe koppie vetvrye melk (uit jou daaglikse toelaag) by en meng dit goed. Versoet met suikervrye versoeter na smaak en gooi ’n paar ysblokkies by voor jy dit drink."
  • Is dit oukei om koffie en tee te drink?
    Ja, jy mag tee en koffie drink. Gebruik jou daaglikse melktoelaag om oor jou pap te eet of in koffie en tee te gebruik. Onthou dat koffie en tee (en ook groentee) kaffeïen bevat wat slaap kan affekteer. Daarom beveel ons aan dat jy geen kafeïen inneem ná 16:00 bedags nie. Koffie en tee kan ook voguitskeiding bevorder en daarom is dit belangrik om steeds ook jou 6-8 glase water per dag te drink. Koffie en tee kan dus nie "tel" as water-inname nie.
  • Mag ek alkoholiese drankies drink?
    "Indien jy ernstig is oor gewigsverlies en graag goeie resultate wil bereik, beveel ons aan dat jy alkohol heeltemal uitsny tydens die 60 dae-uitdaging. As alternatief kan jy dalk suikervrye tonic water drink. Gooi dit in 'n mooi glas met ys en bloubessies of vars gesnyde lemoenskyfies. "
  • Mag ek sodawater of vonkelwater (sparkling water) drink?
    Jy mag sodawater drink, maar moenie meer as 500 ml sodawater drink per dag nie. Water is ’n baie goeie keuse – hou by die aanbevole hoeveelheid water per dag.
  • Is dit moontlik dat ek te veel water inneem en dat dit my gewig kan laat optel?
    As jou niere en hart normaal funksioneer sal jy al die vog wat jou liggaam nie nodig het nie, uitskei en sal jou waterinname nie jou gewig beinvloed nie. Te veel water kan wel waardevolle minerale uit jou liggaam was en jou lighoofdig laat voel.
  • Ek hou niks van water nie, wat kan ek drink in die plek daarvan?
    Jy kan rooibostee (koud of warm) drink, sonder melk of uit jou daaglikse melktoelaag. Vonkelwater (sparkling water) en sodawater is ook toelaatbaar, maar net ongeveer 500 ml per dag. Om water vir jouself lekkerder te maak, kan jy dit yskoud drink met vars suurlemoen, komkommer, mentblare of aarbeie daarin. Drink klein hoeveelhede op 'n slag, maar probeer tog om water te drink –dis baie goed vir jou!
  • Wat maak ek as ek begin naar word vir water?
    Drink jou water yskoud met ’n bietjie vars suurlemoen. Hou ’n bottel op jou tafel en drink bietjie vir bietjie. ’n Hele glas net so gaan jou dalk naar laat voel. Dis lekkerder met vars vrugte soos aarbei of bloubessies in. Moenie dadelik begin met 8 glase water as jy nie daaraan gewoond is nie. Begin dalk net eers met 4 glase en vermeerder dit stelsematig soos jou liggaam daaraan gewoond raak.
  • Hoeveel water moet ek elke dag drink?
    "Ses tot agt glase of 1.5 tot 2 liter per dag is heeltemal genoeg. As jy langer is en meer weeg sal jy meer water nodig hê as iemand wat kort is en minder weeg. Luister na jou liggaam en drink meer water as jy dors voel. Jou niere kan ongeveer 1 liter water per uur filtreer. Daarom word dit nie aanbeveel om meer as ’n liter water binne ’n uur te drink nie. "
  • Hoekom moet ek water drink?
    Dis belangrik om genoeg water te drink vir verskeie redes – dit kan jou aptyt verlaag, dit help om afvalstowwe uit jou lyf te verwyder, dit is nodig om vet te verbrand, dit vooorkom moegheid en hou jou brein skerp. Wanneer jy die 60 dae-eetplan volg, sal jy ook meer vesel inneem en genoegsame water is nodig saam met die vesel om opgeblasenheid en ongemak te voorkom en ook om seker te maak dat jy nie hardlywig raak nie.

Peusel & Versnaperinge

  • Kan ek my oggend- en middagvrug eet as snack tussen etes, of moet dit deel vorm van 'n ete?
    Die ideaal is dat jy slegs 3 keer per dag eet, maar as die kos vir jou te veel is met een ete, is dit in orde as jy jou vrug as snack eet.
  • Mag ek snack?
    Die ideaal is dat jy slegs 3 keer per dag eet, maar as die kos vir jou te veel is met een ete, is dit in orde as jy jou vrug of vars groente as snack eet.
  • Is biltong ’n goeie peuselhappie?
    Biltong is hoog in vet (al sien jy dit nie met die blote oog nie – dis vasgele in die spier) en ’n mens eet baie maklik te veel daarvan omdat dit droog is. Die ideaal is dat jy slegs drie etes per dag eet en nie tussen maaltye en ná ete saans peusel nie. Sodoende kry jou liggaam en spysverteringskanaal kans om te rus en te herstel tussen etes; dit beveg ook inflammasie. As jy regtig tussen-in moet eet is dit beter om vars groente te kies, soos wortels, seldery, komkommer, soetrissie of kersietamaties.
  • Waaraan kan ek peusel as ek tussen etes honger word?
    Die ideaal is dat jy slegs drie etes per dag eet en nie tussen maaltye en ná ete saans te peusel nie. Sodoende kry jou liggaam en spysverteringskanaal kans om te rus en te herstel tussen etes; dit beveg ook inflammasie. As jy regtig tussen-in moet eet, is dit beter om vars groente te kies, soos wortels, seldery, komkommer, soetrissie of kersietamaties.

Cravings / Kosdrange & Ander Probleme

  • Ek eet glad nie vars groente en vrugte nie!
    Groente en vrugte bevat voedingstowwe wat van kardinale belang is vir jou gesondheid en welstand. Ons beveel aan dat jy ’n dieetkundige gaan sien om vir jou ’n eetplan uit te werk wat hierdie nutriënte ond
  • Wat kan ek doen om beter te slaap?
    "Maak seker jy oefen nie later as 18:00 saans nie. Besluit hoe laat jy saans gaan slaap en hou daarby. ’n Slaapritme is van onskatbare waarde! Gaan byvoorbeeld elke aand op dieselfde tyd kamer toe (21:30) en lees ʼn bietjie tot jy vaak voel. Dan sit jy jou lig af teen 22:30 en probeer slaap. Jou kamer moet PIKdonker wees. As dit moet kan jy blockout-gordyne aankoop – dit werk soos ’n bom! Jou kamer moet KOEL wees as jy gaan slaap – 18 ̊C is ideaal Moenie ʼn warm stort of bad neem net voordat jy gaan slaap nie. Jou liggaam moet afkoel voordat jy gaan slaap. So as jy wil bad of stort, doen dit 2 uur voordat jy gaan slaap. GEEN skerms ʼn uur voordat jy gaan slaap nie (dit beteken geen TV/selfoon/tablet /rekenaar nie). Jy mag wel ’n storieboek lees voordat jy gaan slaap solank dit nie ’n storie is wat jou bang maak of stres veroorsaak nie. Ek stel voor jy lees Bybel of ’n mooi liefdesverhaal of selfs gedigte. Laastens kan jy ’n uur voor slaaptyd ’n kalsium- en magnesiumtablet gebruik. Dit help ook dat jy beter sal slaap. Jy kan dit selfs met ʼn halwe glas vetvrye melk drink. Moenie ná 15:00 in die middag jou multivitamien neem nie. Vermy alle kafeïen – dit sluit in koffie, tee en energiedrankies of stimulante (soos Bio-plus of ander opkikkers). As jy al die bogenoemde doen vir twee weke en steeds nie kan slaap nie, stel ek voor jy laat jou hormone toets. Menopause kan enige tyd vanaf 40 intree, en dit opsigself kan ook slaaploosheid veroorsaak. En dan moet jy natuurlik jou stres bestuur. Journal, bid en gee jou bekommernisse vir die Here. As jy gedoen het wat jy kan, moet jy Hom vertrou om die res te doen."
  • Beïnvloed slaap gewigsverlies?
    Ja. Eerstens veroorsaak min slaap meer cravings, gewoonlik vir kosse wat hoog is in energie. ’n Dieet wat hoë energie bevat, sal lei tot gewigstoename. Slaap beÏnvloed ook hormone wat eetlus beheer. Min slaap verhoog die hoeveelheid ghrelien en verminder die hoeveelheid leptien wat in die liggaam afgeskei word. Ghrelien stimuleer aptyt en verlaag energieverbruik (meer energie word dus as vet gestoor) terwyl leptien aptyt verlaag en energieverbruik verhoog (vet word dus verbrand).
  • Hoekom is ek doodmoeg?
    "Dis nogal moeilik om hierdie vraag te beantwoord, want daar kan baie redes wees vir moegheid. Eet jy gereeld en eet jy genoeg? Lae bloedsuiker kan moegheid veroorsaak. Oefen jy skielik meer as gewoonlik? Dan sal jy dalk moeër wees, maar namate jy fiks word, sal die moegheid verdwyn. Slaap jy goed of word jy dikwels wakker in die nag? Het jy baie stres by die huis of werk? Dis heeltemal normaal om moeg te voel wanneer jy ’n nuwe gesonder manier van eet begin en skielik meer aktief is. Hou vol met die eetplan en oefenplan. Die moegheid behoort binne ’n paar dae beter te wees. Koffie behoort jou eerder meer wakker te laat voel. AS jy ná ’n week steeds doodmoeg is, kan jy ’n e-pos stuur na [email protected]"
  • Ek sukkel met hardlywigheid, enige raad?
    As jy hardlywig is, is dit raadsaam om al jou vrugte en groente rou te eet. Moenie minder vrugte en groente eet as wat in die plan voorgeskryf word nie. Maak ook seker jy drink minstens 6 glase water elke dag. Die vesel wat jy inneem deur die eetplan het vog nodig om uit te swel, en kan sodoende hardlywigheid bekamp. Indien jou hardlywigheid nie opklaar ná 3 dae nie, kan jy ’n e-pos stuur na [email protected]
  • Ek is gluten-intolerant. Kan ek gewone brood uitruil met glutenvrye brood. Watter pap kan eet, i.p.v. All Bran
    "Ja, jy kan glutenvry- i.p.v. gewone brood eet. Rys, mielies, aartappel, quinoa, sorghum en hawermout in hul natuurlike vorm is glutenvrye stysels (lees die etiket op die produk – dit moet aandui gluten free). Produkte wat koring, gort, rog, mout en brouersgis bevat, het wel gluten in en moet vermy word as jy glutensensitief is. Neem ook kennis dat glutenvrye stysel dikwels verwerk word in ’n fabriek/fasiliteit wat ook koring verwerk, en dit kan tot kruisbesmetting lei. Om hierdie rede moet jy kyk op die etiket of die produk as glutenvry gesertifiseer is. Maltabella-pap word van sorghum gemaak en hawermoutpap (wat op die etiket gemerk is dat dit glutenvry is) is goeie ontbyt-opsies. Kyk uit vir Pronutro wat wheat and gluten free is. Kreemymeel word van mieliemeel gemaak, en bevat dus ook nie gluten nie."
  • Ek sukkel vreeslik met 'n tube/tyre bo my maag.
    Ongelukkig is daar geen dieetplan wat spesifieke areas van die liggaam teiken nie. Namate jy gewig verloor, sal die vet rondom jou middellyf ook afneem en sal jy ’n slanker middel kry. Mense met ’n appel-tipe liggaamsbou is gewoonlik ook insulienweerstandig – wat dit nog meer belangrik maak vir jou om gewig te verloor, aangesien jy ’n groter risiko het om diabetes te ontwikkel as mense wat vet om hulle heupe stoor. Maar jy is op die regte plek! Die 60 dae-eetplan en -oefenprogram is net wat jy nodig het vir ’n gesonder mooier jy!
  • Kan die nuwe eetplan spysverteringongemak en winderigheid veroorsaak?
    Ja, omdat die dieet hoog is in vesel en peulgroente kan jy ongemak ervaar. Teen dag 8 behoort jou liggaam aangepas te wees en dan sal die simptome minder raak. Onthou om 2 liter water per dag te drink en die oefenprogram te volg wat deel is van die 60 dag-uitdaging.
  • Wat kan ek doen as ek suiker-cravings kry?
    Die feit dat jy suiker crave kan wees dat jou bloedsuiker skielik val – maak seker jy eet gereelde etes en dat jy hoëveselkosse eet. Sluit ook ʼn proteïen in by elke ete. Cravings word verder ook beïnvloed deur stresvlakke, hoeveelheid slaap, oefening, hormone, en medikasie. Maak seker jy slaap ongeveer sewe ure saans en volg die 60 dae-uitdaging se oefenprogram. As jy lus kry vir iets soets, kan jy eers probeer om ’n glas water, koffie of tee te drink – soms is die wortel van die kosbevlieging bloot dorstigheid. Andersins kan jy gerus dill-agurkies eet (diá wat suikervry is), dit neem gewoonlik cravings weg. Onthou dat ons almal normaalweg te veel suiker inneem en dat jou liggaam erg protesteer wanneer jy minder daarvan eet. Dis heeltemal normaal. Byt egter vas, want hoe minder suiker jy eet hoe minder sal jou liggaam lus kry daarvoor. Jy kan met groot gemoedsrus suiker uitsny – dit bevat geen voedingswaarde nie, veroorsaak inflammasie en beroof jou liggaam van waardevolle voedingstowwe.
  • Ek het ’n verskriklike craving ontwikkel vir suur en sout, hoe beheer ek dit?
    Onthou cravings word beïnvloed deur stresvlakke, hoeveelheid slaap, oefening, hormone, en medikasie. Maak seker jy slaap saans ongeveer 7 uur en volg die 60 dae-uitdaging se oefenprogram. Dill-agurkies (ongeveer 50 g per dag) kan help of drink ’n glas water met vars suurlemoen daarin. Jy kan ook '’n pienk Himalayan-soutkristal suig om die soutlus te beheer – maar nie meer as een 'n dag nie.

Aanvullings & Maaltydvervangers

  • Moet ek ’n yster-aanvulling gebruik?
    Die ideaal is om jou bloedyster te toets, en as dit normaal is, hoef jy nie ’n aanvulling te gebruik wat yster bevat nie. Die yster in aanvullings word ook baie keer nie goed geabsobeer nie, dus is die yster in kos eter. Ryk bronne van yster sluit in rooivleis, hoender, eiers, lewer en niertjies.
  • Is dit nodig om kollageen te gebruik?
    Dis nie noodsaaklik dat jy kollageen gebruik tydens die 60 dae-uitdaging nie, maar as jy die verouderingsproses wil vertraag en ’n gloeiende, glansende vel begeer, is ’n kollageenaanvulling jou beste vriendin! Die Splinternuwe Jy- Gehidroliseerde Kollageen werk saam met ander proteïene en elemente om struktuur aan jou vel te gee én verhoog elastisiteit en vogtigheid in die vel. Jy kan dit teen spesiale afslag koop deur op die volgende skakel te kliek: https://voelgoedwinkel.co.za/product/gehidroliseerde-kollageen/
  • Ek voel moeg, tam, het min energie en kan nie konsentreer nie. Wat sal help hiervoor?  
    Die Splinternuwe Jy- vetverbrandende koffie is ’n veelsydige produk en verskaf nie net hope energie nie, maar verbeter ook jou konsentrasie. Die spesiale samestelling sal jou ’n hupstoot gee om meer gemaklik deur elke dag te kom! Elke aktiewe bestanddeel werk saam om vir jou meer energie te gee, jou eetlus te demp, jou drange na peuselhappies in toom te hou, en natuurlik te help om hardnekkige vet te verbrand. Ons kan almal doen met ’n natuurlike opkikker wat meer as een doel dien. Kliek op https://voelgoedwinkel.co.za/product/vetverbrandende-koffie/ om die vetverbrandende koffie teen afslag te koop. Dit kan warm of koud gedrink word.
  • Hoekom beveel julle die kitsproteïenhawer aan?
    "Kenners beveel ’n totale dieetveselinname van 25 tot 30 gram per dag aan, maar die meeste van ons eet veel minder. Vesel is die sleutel vir goeie gesondheid – dit voorkom hardlywigheid en help dat jy langer versadig bly. Dis ook essensieel vir dikdermgesondheid. Ontbyt is ’n goeie wegspringplek om meer vesel in te neem, en dis waarom Splinternuwe Jy se kitsproteïenhawer so goed is. Dis koringvry, glutenvry, laag in vet, ryk in vitamiene en minerale, en bevat essensiële aminosure, en dis maklik en vinnig om te maak. Meng 4 opgehoopte lepels en 200 ml kookwater, voeg versoeter by na smaak, en jy het ’n smaaklike gesonde ontbyt-opsie, wat ongeveer 770 kJ verskaf. Kliek op https://voelgoedwinkel.co.za/product/kitsproteien-hawer/ vir spesiale afslag."
  • Kan ek ontbyt of middagete vervang met ’n shake?
    "Ja, probeer gerus die Splinternuwe Jy-shake. Dis gluten-, koring- en suikervry en smaak heerlik! Jy kan dit koop op https://voelgoedwinkel.co.za/product/proteien-dieetskommel/ teen ’n spesiale afslag. Die rede waarom ons dit ontwikkel het, is dat dit ideaal is vir diegene wat te besig is om ontbyt te maak of wat nie hou van ’n groot ontbyt nie. Dis ’n vinnige voedsame ete in ’n kits. Dis ook laag in vet en is verryk met kollageen vir '’n pragtige jonger vel. Die vesel daarin sal jou langer versadig hou en die pre- en probiotika is uitstekend vir dikdermgesondheid. Meng 3 (45 g poeier) gelykvol lepels by 250-300 ml water en skud goed – dit verskaf ongeveer 720 kJ."
  • Watter aanvullings moet ek gebruik?
    As jy die eetplan volg en ’n verskeidenheid van kossoorte inneem sal dit aan jou voedingsbehoeftes voldoen, maar dis goed om ook ’n multivitamien (wat nie yster bevat nie) daagliks vir algemene gesondheid te drink. Die meeste van ons eet hopeloos te min vis, en daarom beveel ons dieetkundige ook ’n omega-3 aanvulling aan (let wel omega-3, NIE omega-6 nie). As jy egter op ’n bloedverdunner is of maklik bloei, behoort jy nie omega-3 te drink nie.

Gewig, Gesonde Gewigsverlies & Plato's

  • Ek het ’n kilogram opgetel! Kan iemand dit vir my verduidelik asseblief?
    Gewig kan van dag-tot-dag wissel. Dit word beïnvloed deur sout-inname, stres, alkohol, water, omgewingstemperatuur, hormone, hoe dikwels jy ’n stoelgang het, asook jou slaappatroon. Moet jouself nie elke dag weeg nie – dis beter om een maal per week na die skaal te kyk. Indien jy skielik meer oefen, kan dit ook wees dat jy meer spiere ontwikkel het. Dan sal jou broek losser sit, al is jy swaarder op die skaal. Dis baie goed om meer spiermassa te hê, want dit is metabolies aktief en verbrand energie.
  • Wat kan ek doen as ek ’n plato bereik, en nie verder gewig verloor nie?
    Gewigsverliesplato's kan frustrerend en demoraliserend wees. Dit is egter ’n normale deel van die gewigsverliesproses. Trouens, byna almal ervaar dat hulle gewig op ’n sekere punt op hul gewigsverliesreis stilstaan. Maak seker jy slaap goed en hou jou stresvlakke onder beheer. Te veel stres veroorsaak verhoogde kortisolvlakke wat gewigsverlies belemmer. Dis ook belangrik om te oefen – probeer gerus hoë-lae intensiteit interval-oefening – dis uitstekend vir vetverbranding. Laastens kan jy probeer om vanaf 18:00 saans tot 09:00 soggens glad nie te eet nie en om al jou groente rou te eet. Die belangrikste is dat jy nie moedeloos raak nie en dat jy by jou eetplan en oefenprogram hou.
  • Moet ek die volle 60 dae op dieselfde eetplan bly of skuif ek na ’n ander plan namate ek gewig verloor?
    Die eetplan is uitgewerk na aanleiding van die hoeveelheid gewig wat jy wil verloor. As jy dus op plan B 15 kilogram verloor het, en jy het nog net 5 kilogram om te verloor, skuif jy af na plan A vir die laaste 5 kilogram. As jy egter nog nie 15 kg op plan B verloor het nie, bly jy op plan B, tot jy daardie gewigsverliesdoelwit bereik het. Jou energiebehoefte verlaag wanneer jy ligter is of minder weeg.
  • Hoeveel gewig kan ek verwag om te verloor per week? Wat is "gesonde gewigsverlies"?
    Goeie gewigsverlies is 0.5 kg tot 1.0 kg per week. Indien jy meer het om te verloor sal jy aanvanklik ook meer verloor. Fokus op jou eie sukses, en moenie jouself met ander vergelyk nie – dit kan jou dalk moedeloos maak. Elkeen is uniek en as jy by die plan bly, sal jy die gewig verloor wat nodig is.
  • Hoe weet ek wat ’n gesonde gewig vir my is?
    "Daar is 3 maklike maniere om vas te stel of jou gewig en vorm binne gesonde grense val. Dit is belangrik om nie net na gewig te kyk nie, maar ook na die verspreiding van vet in die liggaam 1. Liggaamsmassa-indeks / LMI – deel jou gewig (kg) deur jou lengte (in meter) kwadraat / [kg/m2] As jy byvoorbeeld 75 kg weeg en jy is 1,60 m is die antwoord 29. Jou LMI is 29. Dit is hoe om dit te interpreteer: LMI > 25 is te hoog en word geassosieer met gesondheidsrisiko's. LMI 19 tot 24 is binne ’n gesonde reeks. LMI <19 is te laag en word geassosieer met gesondheidsrisiko's. Hou in gedagte dat LMI nie ’n goeie indikasie is in individue wat 'n hoë spierpersentasie het nie (byvoorbeeld liggaamsbouers, mense wat spierkragoefening doen, ens.) 2. Nog ’n waarde wat jy moet ken, is jou middel:heup-verhouding: Meet jou middel- en heupomtrek. Bereken dan jou middel:heup-verhouding. Vir vroue moet dit <0.85 wees. Byvoorbeeld, as jou middel 75 cm is en jou heup (wydste deel) 100 cm is, sal jou berekening 75/100 = 0.75 wees, en dus binne ’n gesonde omvang. 3. Hou ook in gedagte dat ’n middelomtrek onder 81 cm vir vroue gesond is, maar met elke sentimeter wat dit verhoog, kan dit ook jou risiko vir leefstylsiektes laat toeneem. ’n Middelomtrek bo 88 cm kan jou kanse op diabetes en hartsiektes verhoog. "

Eetplan, Etes en Etenstye

  • Die eetplan is vir my ingewikkeld en tydrowend. Is daar ’n manier om dit makliker te maak?
    Die nuwe manier van eet is vir almal ’n aanpassing. Jy kan dit egter vir jouself eenvoudiger maak deur byvoorbeeld net dag 1 tot 3 te volg en vir jou basiese kossoorte te kies. Kies eteopsies wat vir jou maklik en lekker is, byvoorbeeld All Bran en melk of joghurt vir ontbyt, hoender- of tunaslaai vir middagete en hoender of vis en groente vir aandete. Die vars vrug soos ’n appel of peer kan jy dan ná ontbyt en middagete eet. Maak oor ’n naweek al die hoender gaar wat jy gaan nodig hê en vries dit in porsies vir die week.
  • Mag mens ’n middagete en aandete omruil?
    Ja, jy kan dit doen – solank dit dieselfde dag se middag en aandete is.
  • Ek kry regtig swaar met die nuwe manier van eet! Is ek die enigste een?
    Onthou hierdie is ’n groot leefstylaanpassing en elkeen se liggaam sal anders reageer op die nuwe manier van eet. Byt vas, dit sal beter raak.
  • Hoe werk die verskillende eetplanne? Moet ’n mens nie minder eet as jy baie gewig het om te verloor nie? Dit lyk of die kos op plan D meer is as plan A?
    Jou daaglikse energiebehoefte (kilojoules of kalorieë) op die eetplan sal afhang van hoeveel gewig jy wil verloor. As jy swaarder weeg, kan jy meer eet, want hoe swaarder jy is, hoe meer energie het jou liggaam nodig. So sal jy dan van byvoorbeeld plan D geleidelik vorder na plan C en B, soos jy gewig afskud. Moenie te veel bekommer oor die kilojoules nie, eet net volgens die plan wat jy volg, dis perfek uitgewerk vir effektiewe, gesonde gewigsverlies.
  • As ek ’n moeilike dag of aand gehad het en nie by die eetplan gebly het nie, moet ek net die volgende dag aangaan met byvoorbeeld dag 5 of moet ek weer by dag 1 begin?
    Jy kan net weer aangaan met die eetplan, dis nie nodig om by dag 1 te begin nie.
  • Is dit oukei as ek ’n ete oorslaan of nie eet nie as ek regtig nie honger is nie?
    Die eetplan is deur ’n gekwalifiseerde dieetkundige ontwikkel na aanleiding van jou voedingsbehoeftes. Ons stel dus voor dat jy grootliks daarby hou. Natuurlik is dit ook belangrik om te luister na jou liggaam, en sal dit nie skade doen as jy nou en dan ’n ete oorslaan nie. Wat egter kan gebeur as jy etes oorslaan is dat jy met die volgende ete weer te honger is, jou bloedsuiker val en jy cravings kry of ooreet. Balans is die antwoord. Jy moet liefs nooit ontbyt of middagete oorslaan nie.
  • Wanneer beweeg ’n mens af na volgende plan? Ek is byvoorbeeld op plan C. Gestel ek verloor 20 kilogram en het nog 15 kilogram om te verloor, skuif ek dan na plan B?
    Ja, jy kan oorbeweeg na Plan B as jy nog tussen 15 en 24 kilogram het om te verloor. Normaalweg werk ons op die boonste (hoogste) gewig.
  • Moet ek die volle 60 dae op dieselfde eetplan bly of skuif ek na ’n ander plan namate ek gewig verloor?
    Die eetplan is uitgewerk na aanleiding van die hoeveelheid gewig wat jy wil verloor. As jy dus op plan B 15 kilogram verloor het, en jy het nog net 5 kilogram om te verloor, skuif jy af na plan A vir die laaste 5 kilogram. As jy egter nog nie 15 kg op plan B verloor het nie, bly jy op plan B, tot jy daardie gewigsverliesdoelwit bereik het. Jou energiebehoefte verlaag wanneer jy ligter is of minder weeg.
  • Mag ek as ek nie tyd het vir middagete nie daardie kos by aandete s'n voeg?
    Moet liewer nie etes oorslaan nie – veral nie ontbyt of middagete nie. Jy het bedags energie nodig om normaal te funksioneer. As jy egter as uitsondering nie middagete kan eet nie, kan jy daardie kos na die aand skuif. Moet dit egter nie ’n gewoonte maak nie – aandete moenie jou grootste ete wees nie.
  • Is daar ’n sekere tyd wat tussen maaltye gehou moet word? Of hoe ver uitmekaar kan etes wees?
    "Jy kan elke 5 uur eet – byvoorbeeld: 07:00, 12:00 en 17:00 OF 08:00, 13:00 en 18:00 Probeer om niks ná 19:00 saans te eet nie."
  • Herhaal die eetplan ná dag 8? Of wat gebeur van dag 9 af?
    Ja, die eetplan herhaal ná 8 dae. En dan volg jy dit vir ongeveer 8 keer van dag 1-8.
  • Is dit oukei as ’n mens met party etes vet uitsny of nie gebruik nie?
    Ja, jy kan, maar onthou dat vet ook voedingstowwe verskaf wat jou liggaam nodig het en dat dit jou versadig laat voel. So, as jy honger raak kan jy net die aanbevole hoeveelheid na ’n volgende ete skuif. So kan jy byvoorbeeld die ontbytvetporsie na die middag skuif en dan avokado (’n vet) by jou slaai voeg op dieselfde dag.
  • Kan ek my oggend- en middagvrug eet as snack tussen etes, of moet dit deel vorm van ’n ete?
    Die ideaal is dat jy slegs drie keer per dag eet, maar as die kos vir jou te veel is met een ete, is dit in orde as jy jou vrug as snack eet.
  • Ek eet elke oggend dieselfde ontbyt – joghurt, ontbytgraan en my vitamienpil. Dis vinnig en maklik. Moet ek dit verander?
    Nee, jy hoef dit nie te verander as dit lekker in jou leefstyl inpas nie. Jy kan dalk net die ontbytgraan ’n bietjie afwissel – soms All Bran, soms Weetbix, ensovoorts, vir verskeidenheid en sodat jy nie verveeld raak nie.

Porsies, Hoeveelhede & Kilojoules

  • Hoe gemaak as ’n mens die vleis se rou gewig wil weet voordat jy dit gaar maak sodat ’n mens nie onnodig mors nie?
    "Hier is ’n paar riglyne vir vleis: Beesvleis: 70 g rou is 50 g gaar Hoendervleis: 100 g rou is 90 g gaar Vis: 140 g rou is 120 g gaar NB! Hierdie is ’n algemene riglyn – sommige vleis bevat meer vog en dan sal dit swaarder weeg rou en ligter gaar. Die porsies op die eetplan is gaar gewig."
  • Is die gewig van vleis, vis en hoender in die eetplan soos dit aangedui is rou of gaar geweeg?
    Die gewig van vleis-, hoender- en visporsies is gaar.
  • Hoekom moet ons die kos afweeg?
    Porsiegrootte is kardinaal belangrik om te verseker dat jy genoegsame kos inneem sodat jy nie honger word nie en om aan jou voedingsbehoeftes te voldoen, maar ook om te verseker dat jy nie te veel eet nie en steeds gewig verloor. Die mees effektiewe manier om porsiegrootte te beheer is om jou kos af te weeg.
  • Hoe weet ek hoeveel kilojoules die plan waarop ek is, verskaf?
    Die kilojoules is uitgewerk deur ’n dieetkundige en is voldoende vir die hoeveelheid gewig wat jy wil verloor. Die deelnemers se sukses in die verlede het al deur en deur bewys dat die plan werk. Maak seker jy eet al die kos wat per dag voorgeskryf word en dat jy elke dag 6-8 glase water drink.
  • Hoeveel is die maksimum kilojoules of kalorieë per dag?
    Al die planne is deur ’n gekwalifiseerde dieetkundige uitgewerk, na aanleiding van die gewig wat jy wil verloor. As jy al die kos op die plan eet volgens die korrekte gewig sal jy voldoende energie en voedingstowwe inneem. Moenie jou verder oor die kilojoules of kalorieë bekommer nie.
  • Wat gebeur as ek te min eet? Kan dit negatiewe effek op my gewigsverlies hê?
    Ja, wanneer jy te min eet word jou metabolisme, of die tempo waarteen jy energie verbruik of vet verband, stadiger. Jy sal dus stadiger gewig verloor of selfs ophou verloor wanneer jy te min eet. Die eetplan is ook ontwikkel om aan al jou voedingsbehoeftes te voldoen. Dus kan jy onvoldoende proteïene, koolhidrate, vitamiene, minerale en vesel inneem as jy nie al die kos op die plan inneem nie. Probeer om eerder by die voorgestelde eetplan te bly. Maak seker jy eet van al die voedselgroepe, selfs al eet jy kleiner porsies.
  • Soms voel die kos te veel vir my!
    Maak seker dat jy ’n verskeidenheid van kosse eet en al die voedselgroepe by elke ete insluit volgens die eetplan. As jy kleiner porsies eet is dit in orde – solank jy nie heeltyd honger voel nie. Indien jy in die aand honger voel of lus kry om te peusel, kan jy dalk ’n bietjie meer bedags eet. Die idee is dat jy eerder bedags eet (voor 18:00), en nie die res van die aand nie. Dan kan jy net water of rooibostee drink.
  • Kan ek die hoeveelhede minder maak as die kos te veel is vir my?
    Die eetplan is deur ’n gekwalifiseerde dieetkundige ontwikkel, volgens jou gewig en verskaf al die voedingstowwe wat jy nodig het vir optimale gesondheid. Die risiko bestaan dat jy laataand of tussen etes honger sal raak indien jy te min eet, wat daartoe kan lei dat jy dan aan ongesonde kosse peusel. Probeer dus by die eetplan hou, en weeg die porsies af. Eet altyd eerste jou groente, vrugte en proteïene en daarna stysel en vet. As die hoeveelhede steeds te veel is, kan jy die porsies kleiner maak, maar eet steeds van elke voedselgroep en probeer ’n verskeidenheid eet.

Wat Is Uitgesluit & Alternatiewe

  • Ek hou baie van hoenderlewertjies. Is dit toelaatbaar?
    Nee. Orgaanvleis, soos lewer en niertjies, bevat baie vet, en word nie tydens die 60 dae-uitdaging toegelaat nie.
  • Is volroomjoghurt nie toelaatbaar nie?
    Volroomjogurt bevat baie vet. Produkte wat baie vet bevat, kan gewigstoename bevorder. Ons beveel aan dat jy eerder laevetjogurt tydens die 60 dae-uitdaging eet. Probeer vrugte saam met die jogurt eet vir ’n beter smaak.
  • Kan ons vrugtesap of Grapetiser en Appletiser drink?
    Hoewel vrugtesap (ook Apple- en Grapetiser) voorheen ’n opsie in die voedselkeuselys was, beveel ons dit nie aan nie, vanwee die hoë glisemiese indeks. Glisemiese indeks verwys na hoe vinnig iets wat jy inneem jou bloedsuikervlakke beÏnvloed. Kosse met ’n hoë glisemiese indeks word vinnig verteer en veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke vinnig styg. Dit veroorsaak dat jy vinniger weer honger raak en kan ook moegheid veroorsaak. Kosse met ’n lae glisemiese indeks daarenteen vat langer om te verteer en neem langer om bloedsuikervlakke te laat styg. Dit hou jou dus langer versadig en stel geleidelik energie deur die dag vry om moegheid te voorkom. Daarom beveel ons eerder heel vars vrugte aan as vrugtesap. As jy regtig nie ’n ander keuse het nie, kan jy vrugtesap saam met ’n ete drink, want in kombinasie met proteïen sal die fluktuasie in bloedsuikervlakke minder wees. 180 ml vrugtesap is gelyk aan een porsie vrugte.
  • Mag ons boerewors eet?
    Boerewors word nie toegelaat in die 60 dae-uitdaging nie omdat dit baie vet bevat.
  • Mag ek spek eet as ’n proteïen?
    Dis beter om nie spekvleis (bacon) te eet tydens die 60 dae-plan nie, dis baie hoog in sout, nitriete en nitrate. As jy dit wel doen, is een repie gelyk aan een VET porsie.
  • Kan ons haloumikaas eet?
    Nee, haloumikaas is nie toelaatbaar nie – dit het baie vet in.
  • Mag ons Futurelifepap eet? Ek sien jy kan ’n melkskommel daarvan maak.
    Vermy Futurelife terwyl jy op die 60 dae-uitdaging is, dit word nie toegelaat nie.
  • Ek gebruik glad nie melk nie, mag ek dit uitruil met amandelmelk?
    Ja, jy mag amandelmelk gebruik – 300 ml is ’n porsie.
  • Mag ons cereal bars en protein bars eet?
    Vermy cereal bars en protein bars tydens die 60 dae-uitdaging. Daar is net te veel verskillende variante en dit is dikwels hoog in kilojoules.
  • Mag ek lam- en skaapvleis eet?
    Nee, want dit is te hoog in vet. Maar eiers, hoender, kalkoen, maer beesvleis, vis, maer varkvleis en volstruis of wildsvleis is toelaatbaar.
  • Mag ek muesli eet wat uit sade en neute bestaan?
    Daar is ’n groot verskeidenheid muesliprodukte op die mark. Hoewel muesli baie vesel en ander voedingstowwe bevat, is dit ook dikwels versoet en bevat dit neute wat die energiewaarde daarvan baie hoog maak. Om hierdie rede is die porsie wat jy kan eet daarvan baie klein. Indien jy ernstig is daaroor om gewig te verloor, sal ons aanbeveel dat jy niks meer as een keer per week muesli eet nie, en wel ’n suikervrye opsie en die porsie afweeg – 25 g is een porsie.
  • Hoekom word kiwi, druiwe, waatlemoen en spanspek nie aanbeveel nie?
    Druiwe, kiwi, waatlemoen en spanspek het ’n hoë glisemiese indeks. Glisemiese indeks verwys na hoe vinnig ’n kossoort jou bloedsuiker vlakke beïnvloed. Kos met ’n hoë glisemiese indeks word vinnig in die maag verteer en veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke vinnig styg. Dit veroorsaak dat jy vinniger weer honger raak en kan ook moegheid veroorsaak. Kosse met ’n lae glisemiese indeks vat langer om te verteer en neem langer om bloedsuikervlakke te laat styg. Dit hou jou dus langer versadig en stel geleidelik energie deur die dag vry om moegheid te voorkom. Daarom beveel ons vrugte aan wat ’n lae glisemiese indeks het en nie vrugte soos druiwe, kiwi, waatlemoen of spanspek nie. As jy regtig hou van hierdie soort vrugte, kan jy dit direk ná ’n ete eet, want in kombinasie met proteïen sal die fluktuasie in bloedsuikervlakke minder wees.
  • Mag ek All Bran met Corn Flakes vervang?
    Bly by die voorgestelde ontbytkosse wat in die eetplan ingesluit word. Corn Flakes is laer in vesel as die voorgestelde ontbytgrane en is nie so vullend nie.
  • Mag ek tamatiesous gebruik?
    Afhangend van die soort tamatiesous wat jy gebruik, sal die suikerinhoud verskil. Ons raai jou dus aan om nie tydens die 60 dae-uitdaging daarvan te gebruik nie. 75 ml tamatie-en-uiesmoor is gelyk aan een porsie groente, gebruik eerder dit.
  • Mag ’n mens blatjang (chutney) eet?
    Blatjang (chutney) het baie suiker in. Ons raai jou dus aan om tydens die 60 dae-uitdaging nie daarvan te gebruik nie.
  • Kan ons ook heuning gebruik in ons kos?
    Heuning en stroop het baie suiker in. Ons beveel dus nie aan dat jy dit tydens die 60 dae-uitdaging gebruik nie.
  • Mag ek warmsjokolade (hot chocolate) drink?
    Warmsjokolade (hot chocolate) word nie by die 60 dae-dieet ingesluit nie omdat dit ’n hoë suikerinhoud het. ’n Alternatief vir suikervrye warmsjokolade is: 1 eetlepel unsweetened cocoa powder, versoeter na smaak (bv. xylitol), 1 teelepel vanieljegeursel, 25 ml melk (deel van jou daaglikse 125 ml), en 1 koppie water.

Kos, Voedselkeuselys / Ruillys

  • Mag ek ’n vrug uitruil vir ’n vrugterol?
    Ja, solank dit nie in suiker gerol is nie. 30 g gedroogte vrugte tel as een vrugteporsie.
  • Ek is uitgenooi vir paella vanmiddag! Mag ek die prawns en calamari eet as vis?
    Ja, paella is relatief gesond – solank dit met die minimum olie gaargemaak word. Die vis, calamari, rys, uie en ertjies is alles toelaatbaar in die eetplan.
  • Mag ons suikervrye jellie met suikervrye vla eet?
    Suikervrye jellie is toelaatbaar, maar NIE suikervrye vla nie.
  • Watter versoeters mag ons gebruik?
    Xylitol en aspartaam. Clicks & Canderel het Xylitol-versoeters, gewone Canderel is ook toelaatbaar, asook Equisweet Sucralose van Huletts en Selati.
  • Kan ek my vleis vervang met kaas?
    Ja, jy kan die rooivleis met kaas vervang, die porsiegrootte sal dieselfde wees. Aangesien vleis, vis en hoender egter ander voedingstowwe bevat wat jou liggaam broodnodig het, beveel ons aan dat jy eerder by die eetplan bly soos dit voorgeskryf is.
  • Mag mens calamari-steak eet i.p.v. vis?
    Ja, jy kan, maar die porsie is kleiner 120 g vis = 100 g gaar calamari. Moenie die calamari in krummels in olie braai nie.
  • Kan ek kouevleis gebruik vir my proteïen?
    Geprosesseerde kouevleis (soos ham) het baie sout, nitriete en nitrate in, wat dit nie ’n baie gesonde opsie maak om te eet nie. As jy kouevleis moet eet, kan jy silverside eet. Tuna in water geblik en koue hoender is ook goeie opsies. As jy geen ander keuse het nie, kan jy ook hickory ham eet, maar nie meer as een maal per week nie.
  • As ek soesji eet, mag ek gemmer en sojasous saam eet?
    Ja, sojasous en gemmer mag in matige hoeveelhede geëet word.
  • Is soesji toelaatbaar en hoeveel mag ons eet daarvan?
    Jy kan ongeveer 6 stukke sjoesi eet wat gelyk is aan 2 styselporsies en 1 proteïen/vleisporsie.
  • Kan ek vrugte vir groente ruil?
    Vrugte en groente se voedingswaarde verskil, en dis beter om albei in jou eetplan in te sluit. Jy kan egter vrugte uitlaat en net groente eet, maar jy kan nie groente uitlaat en net vrugte eet nie. Dus kan jy jou vrugte ruil vir groente, maar nie jou groente vir vrugte nie.
  • Uit wat bestaan die mengelslaai (180 g)?
    Enige van die volgende groente: blaarslaai / babaspinasieblare / vars koolblare / vars ui / tamatie / komkommer / soetrissie / ’n halwe wortel / broccoli / murgpampoentjie
  • Mag ek hummus eet?
    "Ja, jy kan hummus eet. Die ideaal is dat jy jou eie maak met kekerertjies (chickpeas). Dit val in die bone- / neute- / sadegroep en jy kan 50 g daarvan eet in plaas van ander bone- / neute- of sadeporsie. HUMMUSBESTANDDELE
    • 1 blikkie (400 g) kekerertjies (chick peas) – gedreineer + hou ongeveer 1 eetlepel (15 ml) van die water in die blikkie
    • 1 eetlepel suurlemoensap
    • 1 vars knoffelhuisie (fyngedruk)
    • 1 eetlepel olyfolie
    • 1 eetlepel tahini (sesamsaadpasta) – opsioneel
    • 1 teelepel (5 ml) komyn
    • ½ teelepel (2.5 ml) gemaalde koljander
    • Paprika na smaak
    • Sout na smaak
    METODE Dreineer die kekerertjies, en hou ’n eetlepel van die water in die blik eenkant. Meng: Plaas die gedreineerde kekerertjies in die voedselverwerker. Voeg die knoffel, olyfolie, tahini, komyn, koljander en paprika by en verwerk tot glad, terwyl jy die kante van die voedselverwerker ’n paar keer tussenin skoonskraap. Voeg die suurlemoensap en van die water uit die kekerertjieblikkie by om die mengsel ’n bietjie dunner te maak. Jy hoef nie alles by te voeg nie; stop wanneer jy dink die tekstuur en dikte is reg. Voeg sout by na smaak. Bediening: Doop vars wortel, seldery of komkommer in die hummus. Porsie: Een porsie hummus van 50 g is gelyk aan een porsie sade/neute/bone."
  • Kan ek in die middag ’n hoenderslaai maak met my proteïene en dan 'n mengelslaai daarby voeg?
    Ja, dis 100% reg as jy dit so doen – maak seker jy hou by die porsiegroottes soos aangedui op jou plan.
  • Mag ’n mens al jou proteïene met een ete eet?
    Ons beveel dit glad nie aan nie, omdat proteïene jou help om versadig te bly en help om jou bloedsuiker te kontroleer. ’n Klein bietjie proteïene met elke ete is die gesondste manier van eet.
  • Mag ek die vetporsie skuif om later te eet?
    Ja, jy kan die vet in jou eetplan rondskuif soos dit vir jou die beste werk elke dag. Jy mag egter nie die vetporsie oorskuif na die volgende dag nie.
  • Ons hoofmaal is in die aand. Wat kan ek in die middae in vleis se plek eet?
    Jy kan smiddae die proteïen vervang met ’n velletjie kaas (30 g) OF 2 velletjies ham (30 g) OF 1 gekookte eier (40 g). As alternatief kan jy die proteïenporsie van die middag tydens aandete eet en dus ’n groter proteïenporsie eet.
  • Mag ek ’n proteïen uitruil vir ’n stysel?
    Nee, stysel kan net vir stysel geruil word en proteïene vir proteïene. Die voedingswaarde verskil en jy het albei nodig. Vir die beste resultate moet jy by die eetplan hou soos dit voorgeskryf is.
  • Mag ek jogurt as ’n proteïen eet, en hoeveel?
    Jogurt bevat wel proteïene, maar dit val in die suiwel- (melk) groep. Hierdie groep kosse bevat kalsium wat belangrik is vir jou beengesondheid. Onthou om vetvrye of laevetmelk of -jogurt te kies. Een jogurtporsie is 100 ml. Jy het ook ander bronne van proteïene nodig, soos vis, hoender of rooivleis, wat weer ander voedingstowwe verskaf soos yster en omega-3-vetsure. Ons beveel nie aan dat jy jou ander proteïene met melk of joghurt vervang nie.
  • As ek my proteïene uitruil, bly die hoeveelheid (gram) dieselfde?
    Nee, die gram-hoeveelheid vir vis, hoender en rooivleis verskil. Daarom moet jy die hoeveelheid volg wat aangedui is op jou plan. Daar is nie ’n ruilsisteem vir proteïene op hierdie eetplan nie.
  • Is daar kosse uit byvoorbeeld die stysellys wat ons eerder moet eet of minder van moet eet? Of kan ’n mens altyd dieselfde items kies?
    Jy kan enige van die opsies in die voedselkeuselyste uitruil. Kies wat jy beskikbaar het en waarvan jy hou. Hou altyd by die porsiegrootte en/of gewig van die item wat jy kies.Vir optimale gesondheid beveel ons dieetkundige egter aan dat jy ’n groot verskeidenheid van kosse uit elke voedselgroep elke dag kies. Dit verbeter jou nutriëntinname en is baie goed vir die mikro-orgnanismes in jou dikderm.
  • Hoe werk die voedselkeuselys?
    Op jou eetplan (A, B, C of D) is stysel-, groente-, vrugte-, vet- en melkporsies aangedui. Jy kan dan in die voedselkeuselys die opsie/s kies wat jy graag wil eet. So sal jy byvoorbeeld All Bran-vlokkies uit die styselgroep vir ontby kies, maar vir aandete dalk pasta. Probeer om ’n groot verskeidenheid kossoorte by jou eetplan in te sluit. Daar is nie ’n ruilsisteem vir die proteïengroep nie, wat beteken dat jy vleis of vis of eiers of hoender moet eet soos dit op jou plan aangedui is.

Nuwe Jy Program

  • Hoe moet die foto's geneem word vir die Nuwe Jy-program?
    "Jy kan die foto's met ’n selfoon neem: - Neem vollyf (jou kop en voete moet sigbaar wees) - Neem van voor en van die kant - Maak seker jy is goed belig en duidelik sigbaar. - Dra verkieslik noupassende klere, soos ’n ski-pant en noupassende T-hemp."
  • Ek wou inskryf vir die Nuwe Jy-program, maar die vorm is nie meer beskikbaar nie.
    Stuur asseblief so gou moontlik ’n e-pos na [email protected], ons sal jou help om die inskrywing te voltooi.
  • Ek het al die stappe gevolg en ingeskryf vir die Nuwe Jy-program. Wanneer hoor ons wie die finaliste is?
    Die finaliste word op die Facebookgroep aangekondig; dis gewoonlik teen die einde van April.
  • Hoeveel vroue word gekies vir die Nuwe Jy-program?
    Twintig vroue wat die 60 dae-uitdaging voltooi het, en wat daarna ook ingeskryf het vir die Nuwe Jy-program word deur die Voelgoedspan gekies om 'n aanlyn onderhoud by te woon. Uit hierdie 20 sal 10 gekies word vir die Nuwe Jy-program.
  • Hoe skryf ek in vir die Nuwe Jy program?
    Die Voelgoedspan sal vir almal wat ingeskryf het vir die 60 dae-uitdaging ’n e-pos stuur met ’n skakel na die inskryfvorm. Jy moet vollyffoto's van jouself neem van voor en van die kant en dit ook invoeg. Beantwoord al die vrae volledig en dien jou inskrywing in voor of op 2 April.
  • Wat behels die Nuwe Jy-program?
    "Die Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram fokus op holistiese gesondheid, gewigsverlies, persoonlike groei en selfvertroue. Almal wat goeie vordering gemaak het tydens die 60 dae-uitdaging, kan inskryf vir die Nuwe Jy-program. Twintig vroue word genooi na ’n aanlyn onderhoud en tien word gekies om intensief aan die werk te spring. Daar is ook ’n kompetisie-element waartydens 4 vroue uitgestem word tydens die Nuwe Jy-program om uiteindelik ’n finale top-6 aan te wys. Al 10 vroue kom egter in aanmerking vir die Nuwe Jy-leserskeusetoekenning en word genooi na die Nuwe Jy-fees in Oktober. Die produkte en dienste wat gebied word tydens die program is onder meer: Slender Wonder se produkte en eetplan; Velsorg-produkte; ’n Besoek aan I Love My Smile, vir skitterwit tande; Twee sessies met die sielkundige Catherine van Heerden. Al die bogenoemde is gratis vir die 10 deelnemers. "

Facebook-Groep

  • Waarom word private WhatsApp-groepe nie toegelaat nie?
    Ons Facebookgroep is vir ondersteuning en sodat ons elkeen kan bystaan. Ons neem nie verantwoordelikheid vir enige Whatsappgroep wat benewens die geslote groep gestig word nie.
  • Wat is die reëls van die geslote Facebook-groep?
    "Die Facebookgroep is slegs vir lede wat aan die 60 dae-uitdaging deelneem. Die doel daarvan is om mekaar te ondersteun deur die loop van die uitdaging. Negatiewe en afbrekende kommentaar word nie toegelaat nie. Bemarking van produkte/dienste word nie toegelaat nie. Indien jy bewus is van iemand wat produkte verkoop of adverteer, vra ons dat dit so gou moontlik onder ons aandag gebring word. Moet asseblief nie video's op die groep plaas nie. Moet asseblief nie jou dieetplan of program op die groep plaas nie. Resepte en kos-idees is welkom! Voelgoed Media behou die reg voor om enige plasings en foto's op die groep ook op ander sosialemediaplatforms en/of op ons webblad te deel. Ons neem geen verantwoordelikheid vir plasings of inhoud op WhatsApp-groepe wat deur lede gestig word nie, en raai almal aan om eerder hier te gesels en vrae te vra. "
  • Hoe kan ek aansluit by die Facebook-groep?
    Die Voelgoed-span sal vir alle deelnemers 'n skakel stuur waarop jy kan kliek. Jou aansoek sal pending wees tot die span jou accept.
  • Wie mag deel wees van die geslote Facebook-groep?
    Slegs diegene wat ingeskryf en betaal het om aan die 60 dae-uitdaging deel te neem.

Foto's

  • Hoe groot moet die foto's wees?
    Kleiner as 2 MB
  • In watter formaat moet die foto's wees wat ek oplaai?
    Jpeg is piekfyn
  • Hoe moet die foto's geneem word?
    "Jy kan die foto's met ’n selfoon neem: - Neem vollyf (jou kop en voete moet sigbaar wees) - Neem van voor en van die kant - Maak seker jy is goed belig en duidelik sigbaar - Dra verkieslik noupassende klere, soos ’n ski-pant en noupassende T-hemp."
  • Wie sien hierdie foto's?
    "Die Voelgoed-span. Indien jy die foto's op die geslote Facebookgroepbladsy laai, sal die lede van daardie groep ook die foto's sien. Indien jy gekies word vir die Nuwe Jy-program sal die foto's ook op Voelgoed Media se sosialemediaplatforms, webwerf en YouTube-kanaal verskyn. "
  • Hoekom moet ek foto's oplaai?
    Die rol van die foto's is tweeledig. Dit gaan jou help om te sien hoe goed jy gevorder het tydens die 60 dae-uitdaging. Verder help die foto's die span om geskikte kandidate te kies vir die Nuwe Jy-program.

Datums

  • Wanneer open inskrywings vir die nuwe jaar se 60 dae-uitdaging?
    In Oktober
  • Wanneer gaan daar weer 'n 60 dae-uitdaging wees?
    Die volgende uitdaging begin weer op 1 Februarie 2025.
  • Wanneer is dit die Nuwe Jy 5 km-pretloop/pretdraf?
    Dit vind plaas by die Nuwe Jy-fees op Saterdag 5 Oktober.
  • Wanneer word die wenner van die Nuwe Jy-program aangekondig?
    By die Nuwe Jy-fees op Saterdag 5 Oktober
  • Wanneer is dit die Nuwe Jy-fees?
    Saterdag 5 Oktober
  • Wanneer eindig die Nuwe Jy-program?
    Einde Julie
  • Wanneer begin die Nuwe Jy-program?
    Onderhoude word aanlyn gedoen in die week van 8-12 April met 20 vroue. Daarna word 10 finaliste gekies en die program begin dan amptelik op 23 & 24 April.
  • Wanneer sluit die inskrywings vir die Nuwe Jy-program?
    Op 2 April om middernag
  • Wanneer kan ek inskryf vir die Nuwe Jy-program?
    Jy kan enige tyd vanaf 20 Maart inskryf. Slegs diegene wat aan die 60 dae-uitdaging deelgeneem het, kan inskryf vir die Nuwe Jy-program
  • Wanneer vind die Facebook Live-sessies plaas?
    Elke Donderdagaand om 19:00 tydens die program.
  • Wanneer eindig die 60 dae-uitdaging?
    Op 1 April
  • Wanneer begin die 60 dae-uitdaging?
    Op 1 Februarie

60 Dae, Datums, Foto's, ens.

  • Is die video's op my persoonlike profiel nog beskikbaar na afloop van die 60-dae uitdaging?
    Ja, jy het vir nog 30 dae na afloop van die 60-dae uitdaging toegang tot jou profiel op Voelgoed-Leer.co.za; waar jy die oefenvideo's sal kan kyk.
  • Bly my persoonlike profiel oop na afloop van die 60-dae uitdaging?
    Ja, jy het vir nog 30 dae na afloop van die 60-dae uitdaging toegang tot jou profiel op Voelgoed-Leer.co.za.
  • Is die 60 dae-eetplan geskik vir almal?
    Die 60 dae-eetplan(ne) is spesifiek vir VROUE ontwikkel wat gewig wil verloor en wat nie spesifieke gesondheidskwale het nie. Dis nie geskik vir mans of kinders nie, hoewel die soort kosse deur mans en kinders geëet kan word, maar die porsiegroottes is spesifiek vir vroue geformuleer. Dis ook nie geskik vir vroue met verhoogde energiebehoeftes nie, soos swanger en borsvoedende vroue of vroue wat aan hoë intensiteit sport deelneem of wat aan kompeterende sport deelneem nie. Vroue met spesifieke gesondheidsprobleme soos byvoorbeeld voedselallergieë, kanker, artritis, nierkwale, lewerkwale, ens, moet 'n dieetkundige raadpleeg voor hulle die 60 dae-uitdaging eetplan volg.
  • Watter eetplan word voorgeskryf op die 60 dae-uitdaging?
    Die eetplan(ne) is deur gekwalifiseerde dieetkundiges ontwikkel spesifiek vir vroue na aanleiding van die hoeveelheid gewig wat verloor moet word. Dit is ’n gesonde gebalanseerde eetplan met 3 etes per dag. Vroue leer hoe om porsiegrootte toe te pas deurdat hulle kosse uit die koskeuselys kan kies en afweeg of afmeet. Die kos is alledaagse voedselsoorte wat deur die hele gesin geëet kan word.
  • Wat behels die 60 dae-uitdaging?
    Dit is ’n aanlynselfverbeteringsprogram, waar elke deelnemer ’n gesonde, gebalanseerde eetplan kry vir gewigsverlies. Daarby het elke deelnemer ook toegang tot ’n oefenprogram, dieetwenke en motiveringsvideo’s op haar profiel op Voelgoed-Leer.co.za. Daar is ook ’n eksklusiewe Facebook-groep waarby vroue kan aansluit om vrae te vra en mekaar te motiveer. Elke Donderdag gesels 'n kenner lewendig op die groep.

Uncategorized FAQ

  • Simple FAQ - 2
    Simple FAQ Content - 2
  • Simple FAQ
    Simple FAQ Content
  • Your First FAQ Question
    Your relevent FAQ answer.