60 Dae Admin

Shape Image One

60 Dae, Datums, Foto's, ens.

60 Dae, Datums, Foto's, ens.

  • Wat behels die 60 dae-uitdaging?
    Dit is ’n aanlynselfverbeteringsprogram, waar elke deelnemer ’n gesonde, gebalanseerde eetplan kry vir gewigsverlies. Daarby het elke deelnemer ook toegang tot ’n oefenprogram, dieetwenke en motiveringsvideo’s op haar profiel op Voelgoed-Leer.co.za. Daar is ook ’n eksklusiewe Facebook-groep waarby vroue kan aansluit om vrae te vra en mekaar te motiveer. Elke Donderdag gesels 'n kenner lewendig op die groep.
  • Watter eetplan word voorgeskryf op die 60 dae-uitdaging?
    Die eetplan(ne) is deur gekwalifiseerde dieetkundiges ontwikkel spesifiek vir vroue na aanleiding van die hoeveelheid gewig wat verloor moet word. Dit is ’n gesonde gebalanseerde eetplan met 3 etes per dag. Vroue leer hoe om porsiegrootte toe te pas deurdat hulle kosse uit die koskeuselys kan kies en afweeg of afmeet. Die kos is alledaagse voedselsoorte wat deur die hele gesin geëet kan word.
  • Is die 60 dae-eetplan geskik vir almal?
    Die 60 dae-eetplan(ne) is spesifiek vir VROUE ontwikkel wat gewig wil verloor en wat nie spesifieke gesondheidskwale het nie. Dis nie geskik vir mans of kinders nie, hoewel die soort kosse deur mans en kinders geëet kan word, maar die porsiegroottes is spesifiek vir vroue geformuleer. Dis ook nie geskik vir vroue met verhoogde energiebehoeftes nie, soos swanger en borsvoedende vroue of vroue wat aan hoë intensiteit sport deelneem of wat aan kompeterende sport deelneem nie. Vroue met spesifieke gesondheidsprobleme soos byvoorbeeld voedselallergieë, kanker, artritis, nierkwale, lewerkwale, ens, moet 'n dieetkundige raadpleeg voor hulle die 60 dae-uitdaging eetplan volg.
  • Bly my persoonlike profiel oop na afloop van die 60-dae uitdaging?
    Ja, jy het vir nog 30 dae na afloop van die 60-dae uitdaging toegang tot jou profiel op Voelgoed-Leer.co.za.
  • Is die video's op my persoonlike profiel nog beskikbaar na afloop van die 60-dae uitdaging?
    Ja, jy het vir nog 30 dae na afloop van die 60-dae uitdaging toegang tot jou profiel op Voelgoed-Leer.co.za; waar jy die oefenvideo's sal kan kyk.

Datums

  • Wanneer begin die 60 dae-uitdaging?
    Op 1 Februarie
  • Wanneer eindig die 60 dae-uitdaging?
    Op 1 April
  • Wanneer vind die Facebook Live-sessies plaas?
    Elke Donderdagaand om 19:00 tydens die program.
  • Wanneer kan ek inskryf vir die Nuwe Jy-program?
    Jy kan enige tyd vanaf 20 Maart inskryf. Slegs diegene wat aan die 60 dae-uitdaging deelgeneem het, kan inskryf vir die Nuwe Jy-program
  • Wanneer sluit die inskrywings vir die Nuwe Jy-program?
    Op 2 April om middernag
  • Wanneer begin die Nuwe Jy-program?
    Onderhoude word aanlyn gedoen in die week van 8-12 April met 20 vroue. Daarna word 10 finaliste gekies en die program begin dan amptelik op 23 & 24 April.
  • Wanneer eindig die Nuwe Jy-program?
    Einde Julie
  • Wanneer is dit die Nuwe Jy-fees?
    Saterdag 5 Oktober
  • Wanneer word die wenner van die Nuwe Jy-program aangekondig?
    By die Nuwe Jy-fees op Saterdag 5 Oktober
  • Wanneer is dit die Nuwe Jy 5 km-pretloop/pretdraf?
    Dit vind plaas by die Nuwe Jy-fees op Saterdag 5 Oktober.
  • Wanneer gaan daar weer 'n 60 dae-uitdaging wees?
    Die volgende uitdaging begin weer op 1 Februarie 2025.
  • Wanneer open inskrywings vir die nuwe jaar se 60 dae-uitdaging?
    In Oktober

Foto's

  • Hoekom moet ek foto's oplaai?
    Die rol van die foto's is tweeledig. Dit gaan jou help om te sien hoe goed jy gevorder het tydens die 60 dae-uitdaging. Verder help die foto's die span om geskikte kandidate te kies vir die Nuwe Jy-program.
  • Wie sien hierdie foto's?
    "Die Voelgoed-span. Indien jy die foto's op die geslote Facebookgroepbladsy laai, sal die lede van daardie groep ook die foto's sien. Indien jy gekies word vir die Nuwe Jy-program sal die foto's ook op Voelgoed Media se sosialemediaplatforms, webwerf en YouTube-kanaal verskyn. "
  • Hoe moet die foto's geneem word?
    "Jy kan die foto's met ’n selfoon neem: - Neem vollyf (jou kop en voete moet sigbaar wees) - Neem van voor en van die kant - Maak seker jy is goed belig en duidelik sigbaar - Dra verkieslik noupassende klere, soos ’n ski-pant en noupassende T-hemp."
  • In watter formaat moet die foto's wees wat ek oplaai?
    Jpeg is piekfyn
  • Hoe groot moet die foto's wees?
    Kleiner as 2 MB

Facebook-Groep

  • Wie mag deel wees van die geslote Facebook-groep?
    Slegs diegene wat ingeskryf en betaal het om aan die 60 dae-uitdaging deel te neem.
  • Hoe kan ek aansluit by die Facebook-groep?
    Die Voelgoed-span sal vir alle deelnemers 'n skakel stuur waarop jy kan kliek. Jou aansoek sal pending wees tot die span jou accept.
  • Wat is die reëls van die geslote Facebook-groep?
    "Die Facebookgroep is slegs vir lede wat aan die 60 dae-uitdaging deelneem. Die doel daarvan is om mekaar te ondersteun deur die loop van die uitdaging. Negatiewe en afbrekende kommentaar word nie toegelaat nie. Bemarking van produkte/dienste word nie toegelaat nie. Indien jy bewus is van iemand wat produkte verkoop of adverteer, vra ons dat dit so gou moontlik onder ons aandag gebring word. Moet asseblief nie video's op die groep plaas nie. Moet asseblief nie jou dieetplan of program op die groep plaas nie. Resepte en kos-idees is welkom! Voelgoed Media behou die reg voor om enige plasings en foto's op die groep ook op ander sosialemediaplatforms en/of op ons webblad te deel. Ons neem geen verantwoordelikheid vir plasings of inhoud op WhatsApp-groepe wat deur lede gestig word nie, en raai almal aan om eerder hier te gesels en vrae te vra. "
  • Waarom word private WhatsApp-groepe nie toegelaat nie?
    Ons Facebookgroep is vir ondersteuning en sodat ons elkeen kan bystaan. Ons neem nie verantwoordelikheid vir enige Whatsappgroep wat benewens die geslote groep gestig word nie.

Nuwe Jy Program

  • Wat behels die Nuwe Jy-program?
    "Die Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram fokus op holistiese gesondheid, gewigsverlies, persoonlike groei en selfvertroue. Almal wat goeie vordering gemaak het tydens die 60 dae-uitdaging, kan inskryf vir die Nuwe Jy-program. Twintig vroue word genooi na ’n aanlyn onderhoud en tien word gekies om intensief aan die werk te spring. Daar is ook ’n kompetisie-element waartydens 4 vroue uitgestem word tydens die Nuwe Jy-program om uiteindelik ’n finale top-6 aan te wys. Al 10 vroue kom egter in aanmerking vir die Nuwe Jy-leserskeusetoekenning en word genooi na die Nuwe Jy-fees in Oktober. Die produkte en dienste wat gebied word tydens die program is onder meer: Slender Wonder se produkte en eetplan; Velsorg-produkte; ’n Besoek aan I Love My Smile, vir skitterwit tande; Twee sessies met die sielkundige Catherine van Heerden. Al die bogenoemde is gratis vir die 10 deelnemers. "
  • Hoe skryf ek in vir die Nuwe Jy program?
    Die Voelgoedspan sal vir almal wat ingeskryf het vir die 60 dae-uitdaging ’n e-pos stuur met ’n skakel na die inskryfvorm. Jy moet vollyffoto's van jouself neem van voor en van die kant en dit ook invoeg. Beantwoord al die vrae volledig en dien jou inskrywing in voor of op 2 April.
  • Hoeveel vroue word gekies vir die Nuwe Jy-program?
    Twintig vroue wat die 60 dae-uitdaging voltooi het, en wat daarna ook ingeskryf het vir die Nuwe Jy-program word deur die Voelgoedspan gekies om 'n aanlyn onderhoud by te woon. Uit hierdie 20 sal 10 gekies word vir die Nuwe Jy-program.
  • Ek het al die stappe gevolg en ingeskryf vir die Nuwe Jy-program. Wanneer hoor ons wie die finaliste is?
    Die finaliste word op die Facebookgroep aangekondig; dis gewoonlik teen die einde van April.
  • Ek wou inskryf vir die Nuwe Jy-program, maar die vorm is nie meer beskikbaar nie.
    Stuur asseblief so gou moontlik ’n e-pos na [email protected], ons sal jou help om die inskrywing te voltooi.
  • Hoe moet die foto's geneem word vir die Nuwe Jy-program?
    "Jy kan die foto's met ’n selfoon neem: - Neem vollyf (jou kop en voete moet sigbaar wees) - Neem van voor en van die kant - Maak seker jy is goed belig en duidelik sigbaar. - Dra verkieslik noupassende klere, soos ’n ski-pant en noupassende T-hemp."

Splinternuwe Jy Produkte

  • Mag ek die Splinternuwe Jy Kollageen gebruik tydens die 60 dae-uitdaging?
    Ja, dit is toelaatbaar. Jy kan 10 g (20 ml) daagliks gebruik saam met ontbyt.
  • Mag ek die Splinternuwe Jy Vetverbrandende Koffie drink tydens die 60 dae-uitdaging?
    Ja, jy kan een koppie of glas daarvan per dag voor 13:00 drink. Meng 18 g (50 ml) van die droë poeier met 250 ml water. As jy melk daarby wil voeg, moet dit uit jou daaglikse melktoelaag kom. Indien dit te soet of te sterk is, kan jy die hoeveelheid poeier verminder.
  • Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel vir ontbyt drink in plaas daarvan om die kos op die eetplan te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger vir die gewone ontbyt op jou plan gebruik, ongeag of jy op Plan A/B/C/D is. Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam een vars vrugteporsie vir ’n volledige gesonde ontbyt. Indien jy die skommel met melk wil aanmaak, moet daardie melk uit jou daaglikse melk-/suiweltoelaag kom.
  • Kan ek die Splinternuwe Jy Kitsproteïen hawer vir ontbyt eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Kitsproteïen hawer as maaltydplaasvervanger vir die gewone ontbyt op jou plan gebruik, ongeag of jy op Plan A/B/C/D is. Meng 50 g (100 ml) van die Splinternuwe Jy Kitsproteïen hawer met 200 ml kookwater en meng goed. Eet daarmee saam een vrugteporsie vir ontbyt. Indien jy melk by die hawer wil voeg, moet daardie melk uit jou daaglikse melk-/suiweltoelaag kom.
  • Ek is op Plan A. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel drink in plaas daarvan om middagete te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met middagete. Vir Plan A doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 1 vrugteporsie EN 1 groenteporsie EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan A. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as ’n plaasvervanger vir aandete gebruik?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met aandete. Vir Plan A doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 groenteporsies EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan B. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel drink in plaas daarvan om middagete te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met middagete. Vir Plan B doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 1 vrugteporsie EN 1 groenteporsie EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan B. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as ’n plaasvervanger vir aandete gebruik?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met aandete. Vir Plan B doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 groenteporsies EN 1 porsie uit die bone-/neute- en sadegroep (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan C. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel drink in plaas daarvan om middagete te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met middagete. Vir Plan C doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 vrugteporsies EN 1 groenteporsie EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan C. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as ’n plaasvervanger vir aandete gebruik?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met aandete. Vir Plan C doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 groenteporsies EN 1 porsie uit die bone-/neute- en sadegroep (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan D. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel drink in plaas daarvan om middagete te eet?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met middagete. Vir Plan D doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 vrugteporsies EN 2 groenteporsies EN 1 porsie uit die bone-/neute- en sadegroep (kies dit uit die koskeuselys).
  • Ek is op Plan D. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as ’n plaasvervanger vir aandete gebruik?
    Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met aandete. Vir Plan D doen jy dit soos volg: Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed. Eet daarmee saam die volgende: 2 vrugteporsies EN 2 groenteporsies EN 1 porsie uit die bone-/neute- en sadegroep EN 1 vetporsie (kies dit uit die koskeuselys).
  • Mag ek van die Splinternuwe Jy Kitsnagereg eet gedurende die 60 dae-uitdaging?
    Ja, jy mag, maar nie meer as twee keer per week nie. Ruil een porsie stysel uit vir een porsie van die kitsnagereg in ’n koppie. Meng 60 g/75 ml met 75 ml water, gooi dit in ’n koffiebeker wat met kleefwerende kossproei gespuit is en bak in die mikrogolfoond vir 90 sekondes op hoog.