Die 30 dae-uitdaging vir dertigers

Jy – net beter!

’n Doelbewuste besluit om in jouself te belê is die eerste stap om die rigting van jou lewe te verander. As jy gereed is hiervoor, sal JY – NET BETER! waarskynlik die belangrikste belegging wees wat jy nog sal maak! In dié 30 dae-uitdaging vir dertigers deel bekende persoonlikhede, radio- en TV-aanbieders, kenners en motiveringsprekers nuwe, kreatiewe oplossings vir ou probleme om ‘n betekenisvolle lewe te lei … 

Die program

Vyf tot tien minute per dag 

 

En jy kan daar uitkom, een dag op ’n slag, vir slegs vyf tot tien minute per dag …  

Hierdie taak lyk dalk na ’n onmoontlike met al die eise wat deesdae aan jou gestel word. Maar dit is makliker as wat jy dink! 

As jy nie baie tyd het om te lees nie, moenie bekommer nie. Selfs vir mense wat mal is oor boeke kan dit ’n uitdaging wees om kans te kry vir lees.  

Ons het die aantal ure wat jy insit by die werk, saam met jou gesin, by die huis en ander daaglikse verantwoordelikhede in ag geneem … 

Dit is waarom meer as die helfte van die mederkers se raad op oudio beskikbaar is, sodat jy op enige plek en enige tyd daarna kan luister. 

Dit beteken dat jy nie ekstra tyd vir die 30 dae-uitdaging nodig het nie! 

Word deel van ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep. ‘n Gemeenskap van vroue, almal rondom dertig jaar oud, wat daarin belangstel om die rigting van hulle lewe te verander en ‘n meer betekenisvolle lewe te lei. 

Méér oor ...

As jy rondom dertig is en voel asof jou lewe ’n bietjie stagneer, asof jy dieselfde dinge oor en oor doen … wanneer laas het jy jouself uitgedaag en iets buite jou gemaksone gedoen? 

 

Om jouself uit te daag, lei tot persoonlike groei  

Daar is baie redes hoekom dit belangrik is om jouself uit te daag. Jy sal ontdek dat jy in staat is tot dinge wat jy nie gedink het jy is nie. 

Jy sal ook nuwe doelwitte bereik wat nie in jou verwysingsraamwerk was nie. Dinge wat onmoontlik vir jou gelyk het, is nóú binne jou bereik. 

Natuurlik kan jy in jou gemaksone bly en nooit verder as dit groei nie. Niemand kan jou daaruit dwing nie. 

 

‘n 30 dae-uitdaging vir dertigers 

Máár jy sal bly wees as jy die sprong neem, ‘n 30 dae-uitdaging wat jou sal motiveer en in die rigting sal stuur om ’n meer betekenisvolle lewe te lei … 

JY – NET BETER! sal waarskynlik die belangrikste belegging wees wat jy nog sal maak! 

Hoekom 30 dae, vra jy dalk? 

Want 30 dae is haalbaar! 

Dis nie so lank dat jy halfpad sal wil opgee nie. Dis net die regte hoeveelheid tyd om nuwe gewoontes of ’n manier van lewe uit te toets óf om slegte gewoontes te breek. 

So, enkellopend of getroud, met kinders of geen kinders nie, wat ook al jou situasie … Die eerste stap is om jouself 30 dae toe te laat vir selfverbetering.

Elke dag help ons jou hoe om ’n ander area van jou lewe te verander. Jy verdien om ’n gesonde en fikse liggaam te hê, ’n helder en kalm gees, ’n ontspannende huis, en ’n vervullende gesins- en romantiese lewe.

Jy sal leer hoe om nuttige, praktiese vaardighede te gebruik wat jou vir die res van jou lewe op die pad na sukses sal hou!

Dertig medewerkers, onder wie bekende persoonlikhede soos Mila Guy, Christia Visser en Gerridene Bergh; radio- en TV-aanbieders soos Sarina Bosman en Lucia Dramat; kenners soos Serahni Symington (ouerskap), Minette Visser (gesondheid), Bianca van Rensburg (fiksheid) en Nicqie Robinson (voorkoms); asook lewensafrigters en motiveringsprekers soos Nathanya Chapman (huwelik), Janine Fourie (geloof) en Rhona Erasmus (werk) deel nuwe, kreatiewe oplossings vir ou probleme om ‘n betekenisvolle lewe te lei …

Vriendinne weet méér is beter as een

Vra jou vriendinne om ook in te skryf. Wanneer ons ons doelwitte deel, doen ons beter!

Kry ’n groep van twee, drie of vier vriendinne, dit kan net lekker wees om ekstra aanmoediging en aanspreeklikheid by ander vroue te kry …

En skakel weekliks op ‘n Dinsdag om 20:00 in vir ‘n inspirerende Facebook LIVE-sessie, aangebied deur Mila Guy, Christia Visser en ander.

Is jy gereed? Gereed om te verander? Gereed om die gelukkigste, beste jý te wees?

Ons het só gedink. Laat ons begin!
SKRYF IN

Die 30 dae-uitdaging vir dertigers

Jy - net beter!
GRATIS

R99 vir een

  • Luister na oudio’s
  • Elke week ‘n kundige
  • Stel ‘n aksieplan op
  • Skep jou eie droombord
  • Eksklusiewe Facebook-groep
  • Facebook LIVE-sessies